LUISTER MOOI
Raak stil op ’n plek
Waar dit net jy
En jy alleen is
Maak oop jou gedagtes
Maak oop jou hart
Vind jou vlerke
En soek die krag om te vlieg
Moenie dink nie
Wees net jy
Soek jou drome
En word vry
Daar is vryheid
Op die horison
Daar is geluk
In die verte
Laat die vars lug
Deur jou longe spoel
Vind jouself
Maak oop jou siel
En luister
Want in die stilte
Is daar ’n stem
Wat vir jou
Fluister...
(07-2007)

No comments:
Post a Comment