Monday, 20 August 2012

Karoo Space Magazine

Go and look at this website: http://www.karoospace.co.za/home for more amazing views about the Karoo.

Luister


LUISTER MOOI

Raak stil op ’n plek
Waar dit net jy
En jy alleen is
Maak oop jou gedagtes
Maak oop jou hart
Vind jou vlerke
En soek die krag om te vlieg
Moenie dink nie
Wees net jy
Soek jou drome
En word vry
Daar is vryheid
Op die horison
Daar is geluk
In die verte
Laat die vars lug
Deur jou longe spoel
Vind jouself
Maak oop jou siel
En luister
Want in die stilte
Is daar ’n stem
Wat vir jou
Fluister...

(07-2007)

Carnarvon Kinders


KAROO

So stil en tevrede
waai die Karoo windjie deur my
die helder maan
het my na die bossies toe gely

die reuk van reën
het deur my neusgate gegly
ek is van al my kommer bevry

die druppels val
op die droë gekraakte grond
ek trippel op my toontjies rond

blydskap vul die lug
my hart is oop
my hart is bly

sondag gaan ons kerktoe
dan mag ek weer
op die donkiekar ry

(12-2006)


Walking

Just Walking
 
Walking on the dry sand
with my toes beneath the sacred land
my roots runs deep
where the waters fall freely
 
I can believe I can be me
With a light of sunshine
Burning in my heart
I walk to freedom
 
I hold your hand to walk with me
Come and see the darkness
Blown away by a soft hand
A man on a cross
For you
For me
 
Spread your heart
To the mountains
Give your eyes to the sky
Open your voice to the ocean
 
And come with me
See what I see
Be with me
Be with Thee.
 
(07-2005)

Oupa Gus


Oupa Gus

Hier is hy gebore en so laat staan, 
hy ken elke vetplant by die naam.
Van skape vang kan jy hom niks vertel,
op sy ouderdom kan hy sy spoed gou versnel!
Oupa Gus lewe al eeue in die Koup Karoo
Sy vrou en kinders en familie is hier geboor
Gaan maak jou koppie koffie 
en kom sit plat op jou alie
maak oop jou ore en luister aandagtig
want hierdie oupa Gus se woorde is kragtig

Our Journey


Our Journey

One single path we walk
towards better grazing lands
One path we walk
thirsty towards water
We follow each other
One by one