So stil en tevrede
waai die Karoo windjie deur my
die helder maan
het my na die bossies toe gely
die reuk van reën
het deur my neusgate gegly
ek is van al my kommer bevry
die druppels val
op die droë gekraakte grond
ek trippel op my toontjies rond
blydskap vul die lug
my hart is oop
my hart is bly
sondag gaan ons kerktoe
dan mag ek weer
op die donkiekar ry
(12-2006)
No comments:
Post a Comment